Home Podcasts KLETS
KLETS

KLETS

Afrikaans.Radio 150 Episodes Oct 14, 2026

KLETS is 'n Afrikaanse gesprekspodcast met Colene en Matthys. Hulle gesels oor alles van politiek tot polimiek, en deel nuwe perspektiewe en aweregse menings. Saam met kundiges en ander interessante mense pak hulle onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag is daar iets nuuts, en luisteraars word genooi om deel te word van gesprekke wat jou laat dink en dalk jou wêreldbeskouing verander.

Episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen
Wyn, Woorde en Bartho Eksteen Oct 14, 2026 39:54 Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die stories en passie wat in elke bottel vasgevang is. Dis die eerste 𝗞𝗟𝗘𝗧𝗦 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗚𝗹𝗮𝘀.. 𝗡𝗼𝗴 𝗻𝗶𝗲 ‘𝗻 𝗸𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝗻𝗶𝗲? Gebruik die skakel onder om te bespreek en te betaal. Daar is net
Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder
Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder Oct 7, 2026 1:01:32 𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig te hou as om die mense te beskerm wat hulle betaal. Veiligheid is mos 'n prioriteit. Net nie joune nie. Dan skuif ons n
Waaksaam, Welvarend en Windgat
Waaksaam, Welvarend en Windgat Sep 23, 2026 58:06 Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/ Johannesbur
Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?
Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad? Sep 16, 2026 52:11 Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal. Verlede week is dit betaal deur SAPS K9 Sky, waar "ons kom nou-nou" haar lew
Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?
Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk? Sep 9, 2026 59:36 Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nóg 'n stuk te
Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie
Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie Sep 2, 2026 56:42 Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n rondte van "Naam, Van, Dier, Dorp". Trump wil L
Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland
Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland Aug 26, 2026 1:02:18 Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of dalk kan betaal nie. In die klaskamers is onderwysers besig om 'n bedreigde spesie te word: mind
Dis Veiliger om te Sit
Dis Veiliger om te Sit Aug 19, 2026 57:43 Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers is uit, en die span vra die ou vraag met 'n nuwe draai: is
Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji
Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji Jul 22, 2026 1:04:27 *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds goedgekeur is. Maar watter emoji's gebruik Colene en
Slange, Spuite en Sondige Sente
Slange, Spuite en Sondige Sente Jul 15, 2026 53:14 *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand op die verpakking sit nie. Mel
Lyste en Lastige Goggas
Lyste en Lastige Goggas Jul 8, 2026 1:03:23 *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie, dis 'n houseparty. Het jy al gesonder waar bly die meeste
Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik
Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik Jul 1, 2026 48:06 *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos gister? Tog, te midde van dit alles, i

Recommended