Home Podcasts Radioteater
Radioteater

Radioteater

RSG 391 episodes Nov 19, 2026

Radioteater is 'n Afrikaanse podcast wat die teater van die verbeelding na die luisteraar bring. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: van April tot Junie en van Oktober tot Desember. Dit bied hoorspele en dramakuns vir liefhebbers van verhalende radio.

Episodes

HALFPAD DAAR deur Sophia van Taak
HALFPAD DAAR deur Sophia van Taak Nov 19, 2026 1:01:32 Retha, ’n vrou in haar veertigs, voel oorweldig deur werksdruk en verwagtinge. Terwyl haar tydgenote se lewens gevestig en gelukkig lyk, spartel sy om die huur te betaal. Sy begin oor haar lewenskeuses twyfel en moet ’n uitweg uit haar emosionele vasgelooptheid vind. Die spelers is Erica Wessels, Andre Terblanche, Nienke Geldenhuys, Ansu van der Sluys, Dirk Stolz, Èmil Haarhoff en June van Merch.
DIE OORLOGKLAVIER Christien Neser
DIE OORLOGKLAVIER Christien Neser Nov 12, 2026 1:00:41 Dertienjarige James se held is Cheslin Kolbe, en hy wil veel eerder rugby speel as klavier oefen. Sy pa se voorwaarde is duidelik: solank hy rugby speel, moet hy klavierles neem. James verstaan nie die bohaai oor die vals ou klavier nie. Terwyl sy ouers oorsee is, vertel sy ouma Madel hom waarom die ou familieklavier so besonders is. Haar verhaal neem hom terug na September 1900 en die plaas Varke
SEESKULP deur Marius de Bruyn
SEESKULP deur Marius de Bruyn Nov 5, 2026 50:10 Seeskulp ondersoek ’n onverwagse vriendskap en die geheime wat mense van mekaar weerhou. Die gedruis van die see, alledaagse klanke, musiek en stilte skep ’n luisterwêreld waarin werklikheid en verbeelding inmekaarvloei. Dit is ’n verhaal oor broosheid, aanvaarding en wat gebeur wanneer ons werklik na mekaar luister. Eleanor, ’n letterkundedosent met ’n terminale breingewas, ontmoet Jonathan, ’n e
STINKHOUT deur Philip Rademeyer (Deel 2)
STINKHOUT deur Philip Rademeyer (Deel 2) Oct 29, 2026 58:23 Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op di
STINKHOUT deur Philip Rademeyer (Deel 1)
STINKHOUT deur Philip Rademeyer (Deel 1) Oct 22, 2026 46:14 Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange g
PIETER SE PA deur Niel Steenkamp
PIETER SE PA deur Niel Steenkamp Oct 15, 2026 55:42 Herman is in sy skik dat sy dogter met Pieter wil trou. Sy vrou twyfel egter oor Pieter se herkoms. Wanneer sy met foto’s van meisies uit Herman se jong dae te voorskyn kom, moet hy vinnig verduidelik dat al daardie romantiese afsprake op fiasko’s uitgeloop het. Die regisseur is Thomas van Niekerk, en die rolverdeling sluit in Dirk Stolz, Esther van Waltsleben, Mila Guy, Chloe van Rooyen, Ane Four
TUIMELDUIF deur Morné Malan
TUIMELDUIF deur Morné Malan Oct 8, 2026 1:04:49 'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat weer kop uitsteek en onverwerkte verlies wat hulle dwing om moeilike waarhede in die oë te kyk. Die verhaal is 'n herontdekking van die krag van vergifnis en aanvaa
JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin
JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin Oct 1, 2026 1:06:12 Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor uit ’n tussenwêreld die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die verrig
LIESBET deur Leon van Nierop
LIESBET deur Leon van Nierop Jun 25, 2026 59:21 Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief te restoureer, en toeriste gereeld na ‘n stasie te vervoer waar ‘n hotel pas gebou is. Hy ontmoet ‘n skoolseun, Gieljan, wat disleksies is, en wat saam met hom g
DIE POTPLANT deur Karli Heine
DIE POTPLANT deur Karli Heine Jun 18, 2026 38:27 ‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke, soos Ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed: Wie is nou eintlik die vyand - Vismot, die grommige-gogga wat aan alles knaag, óf die ledematiges wat i
AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)
AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira) Jun 11, 2026 1:29:34 Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie, daarenteen, was 'n bra gemiddelde komponis en die tweestryd tussen hom en Mozart is iets wat nou nog by
FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)
FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann) Jun 11, 2026 29:57 Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die owerhede sy vrou vrylaat. Die spelers is Lourens Cillié, Leona Rich, Dawie Ackerman, Trudie du Plessis, Louw Verwey, Kitty Albertyn, Amanda Muller, Paul Malherbe,

Recommended