Home Podcasts Podlitiek
Podlitiek

Podlitiek

Podmedia 332 Episodes Sep 16, 2026

Podlitiek is 'n weeklikse Afrikaanse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek. Die program is beskikbaar op verskeie potgooi-toeps asook Spreaker en YouTube, en word deur Podmedia aangebied.

Episodes

Ep. 295 - Rassediskriminatore gesanksioneer
Ep. 295 - Rassediskriminatore gesanksioneer Sep 16, 2026 2182 Louis en Arno gesels oor die onlangse aankondig van die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, se bevel dat Suid-Afrikaners wat rassediskriminasie bevorder se Amerikaanse visums geweier gaan word.
Ep. 294 - Rekord brandstofpryse en News24 se belaglike eise
Ep. 294 - Rekord brandstofpryse en News24 se belaglike eise Sep 10, 2026 1913 Ernst en Louis gesels oor die hemelhoë brandstofpryse (soos almal maar doen) en oor News24 (wat niemand eintlik doen nie, want wie gee nou eintlik om oor News24?).https://www.artikels.afriforum.co.za/brandstofheffingverligting-nou/
Berugte en Beroemde Afrikaleiers: Robert Mugabe van Zimbabwe
Berugte en Beroemde Afrikaleiers: Robert Mugabe van Zimbabwe Sep 4, 2026 1734 Podlitiek bespreek die lewe van Robert Mugabe. Die vernietiger van Rhodesië/Zimbabwe, maar die ANC se rolmodel. Watter lesse kan Afrikaners vandag leer uit sy lewe en bewind? [ Berugte en Beroemde Afrikaleiers Reeks: Episode 2 ] Inleiding Agtergrond/grootwordjare van MugabeInhegtenisname en retoriek Lancaster ooreenkoms en veranderinge in retoriek Presidensiële termyn Verwydering as president Besp
Berugte Afrikaleiers – Episode 1 – Idi Amin
Berugte Afrikaleiers – Episode 1 – Idi Amin Aug 21, 2026 2077 Podlitiek bespreek die lewe en heerskappy van Idi Amin Dada Oumee, 'n Ugandese militêre offisier en diktator wat as die derde president van Uganda gedien het van 1971 tot 1979.00:00–02:55 Inleiding tot die reeks02:56–16:18 Oorsig van Idi Amin se lewe16:19–17:05 Uganda na Idi Amin17:06–18:30 Ernst se algemene opmerkings: vaderloosheid en die Mamdani-konneksie18:31–19:59 Die Netanyahu-konneksie20:00
Ep. 293 - Witmense besit nie al die grond en ons nommerplate is nie gesond
Ep. 293 - Witmense besit nie al die grond en ons nommerplate is nie gesond Jul 8, 2026 1660 Ernst en Louis ontnonsens die 72%-leuen. Waar kom die papegaaifrase dat witmense 72% van al die grond in Suid-Afrika besit, vandaan? En waarom is dit in elk geval ‘n dom idee om grondbesit so simplisties voor te stel?Intussen is dit met nommerplate in Suid-Afrika – soos met verskeie ander dinge – makliker om die onwettige weergawe as die wettige weergawe in die hande te kry. Louis en Ernst gesels
Ep. 291 - Britse dokkie oor SA en Artikel 235 pla die MK.
Ep. 291 - Britse dokkie oor SA en Artikel 235 pla die MK. Apr 29, 2026 1333 Callum, die kalm Britse reisiger, het Suid-Afrika besoek en 'n dokumentêr gemaak oor die ont-ontwikkelende land (of is dit dan net 'n wikkelende land?). Een van Podlitiek se aanbieders maak sy verskyning daarin.Intussen is die MK-party gepla deur die moontlikheid van selfbeskikking wat in die Suid-Afrikaanse grondwet vervat is.
Ep. 290 - Nuutste plaasmoordstatistiek en die MRK word gebriek
Ep. 290 - Nuutste plaasmoordstatistiek en die MRK word gebriek Apr 24, 2026 1547 AfriForum se 2025 plaasmoordstatistiek en die MRK verloor 'n GROOT hofsaak.Aanbieders:Ernst van Zyl en Louis Boshoff
Ep. 289 - Malema kry tronsktraf en DA kry nuwe bestuurstaf (oudio)
Ep. 289 - Malema kry tronsktraf en DA kry nuwe bestuurstaf (oudio) Apr 16, 2026 1692 Podlitiek se gedagtes oor Malema se vonnisverrigtinge en die nuwe DA leierskap.
Ep. 288 - Fikile vervolg, heffing halveer en 'n nommerplaat-sindikaat?
Ep. 288 - Fikile vervolg, heffing halveer en 'n nommerplaat-sindikaat? Apr 1, 2026 1404 Ons begin die episode deur vir kameraad Mbalula geluk te wens met sy verjaarsdag. Hulle sê 'n mens moet elke verjaarsdag wat jy vry is, geniet. Dan kom die brandstofheffing aan die beurt. Dis tydelik verminder, maar miskien is die vermindering "tydelik" soos die "tydelike" Covid-toelaag. Laastens gesels ons oor die Mededingingskommissie se bevinding dat die vervaardigers van blanko-nommerplate 'n
Ep. 287 - Hoe lyk n toekoms onder NGV - AfriForum gee vir jou n idee
Ep. 287 - Hoe lyk n toekoms onder NGV - AfriForum gee vir jou n idee Feb 18, 2026 1694 Louis, Ernst en Wian gesels oor AfriForum se nuwe hofsaak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet.Hoekom dit nou belangrik is en wat ons kan verwag.
Ep. 286 - Bek-en-klou laat vir Steenhuisen vou
Ep. 286 - Bek-en-klou laat vir Steenhuisen vou Feb 5, 2026 2108 Podlitiek het 'n spesiale gas in die ateljee: Wian Spies. Die manne gesels oor die groot nuus van die week (en eintlik al langer as dit). Wian is beter ingegrawe op die wetlike aspekte van BKS inenting en deel sy insigte daaroor.
Ep. 285 - Solly wil potgooie reguleer en verskonings aan AfriForum word al meer.
Ep. 285 - Solly wil potgooie reguleer en verskonings aan AfriForum word al meer. Jan 22, 2026 1645 Die (DA) Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, wil potgooie laat registreer en reguleer (maar Podlitiek sal ons nie laat keer).Intussen het News24 en The Citizen nwe apologieë geplaas vir foutiewe beriggewing oor AfriForum. Ernst en Louis vra of dit alles net per ongeluk is?Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt

Recommended