Home Podcasts Wiele2Wiele
Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Maroela Media 150 Episodes Aug 7, 2026

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Episodes

Wiele2Wiele ry twee bussies
Wiele2Wiele ry twee bussies Aug 7, 2026 26:23 Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy ’n motorfiets wil koop wat ’n spesiale uitgawe in sy tyd was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Kia Carens
Wiele2Wiele ry Kia Carens Jul 31, 2026 26:11 Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is dan tyd vir die stof, spoed en avontuur van die GR Stella 1000-marathon-veldtydren, waar Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika se Guy
Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie
Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie Jul 24, 2026 26:44 Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Land Rover Defender 130 onder loep
Wiele2Wiele: Land Rover Defender 130 onder loep Jul 20, 2026 25:00 Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die groot Land Rover Defender 130, die giftige Toyota GR Yaris en die GAC GS3 Emzoom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7
Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7 Jul 10, 2026 26:34 In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal: die Lepas L4 en die Jaecoo J7. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep
Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep Jul 3, 2026 26:16 Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep
Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep Jun 25, 2026 26:54 Hierdie week vir Wiele2Wiele vat Carl die pad saam met Volkswagen en sy Amarok-modelle op ’n avontuur wat min mense ooit self beleef! Van die asemrowendste dele van KwaZulu-Natal, oor die legendariese Sanipas in Lesotho – selfs die ruwe skoonheid van die Oos-Kaap… dit het boonop gesneeu ook tydens hul avontuur. Intussen toets Clinton die nuwe Atto 2 DM-i by die BYD-bekendstelling, hulle deel waa
Wiele2Wiele ry Defender Octa en Mustang GT
Wiele2Wiele ry Defender Octa en Mustang GT Jun 19, 2026 25:13 Hierdie week vir Wiele2Wiele het hulle twee baie spesiale padtoetse: die Land Rover Defender Octa met sy 4,4 liter-biturbo V8 en dan die Ford Mustang GT. Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die maksimumsnelheid van ’n binnebrandenjin. Hulle is ook breëbors trots op ons Suid-Afrikaner, Steven Odendaal, wat saam met sy BMW Motorrad World Endurance-span, die 8 Hours of Spa Motos-moto
Wiele2Wiele ry nuwe RAV4, iCAUR
Wiele2Wiele ry nuwe RAV4, iCAUR Jun 12, 2026 25:00 Toyota het sy sesde-generasie RAV4 bekend gestel – ’n pragtige sportnutsvoertuig met gevorderde tegnologie wat wys hoe ver die model ontwikkel het sedert die eerste RAV4 in 1994 bekendgestel is. iCAUR het ook sy unieke en eiesoortige V23- en 03T-modelle bekendgestel. Vir die tegniese wenk van die week word daar oor enjinkapasiteit en silinders gesels, en dan gee hulle vir jou ‘n opsomming van di
Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-wenners
Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-wenners Jun 4, 2026 25:52 Hierdie week vir Wiele2Wiele word die splinternuwe Land Cruiser FJ bekendgestel en die 2026 SA Motor van die Jaar-wenners word aangekondig. Vir die tegniese wenk van die week word daar oor herroepings gesels en hulle sit die kollig op ons Suid-Afrikaanse motorfietsjaers wat oorsee deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Volvo, Mitsubishi en VW
Wiele2Wiele ry Volvo, Mitsubishi en VW May 29, 2026 26:26 Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: Volvo se elektriese ES90-sedan, Mitsubishi se Destinator-sportnuts en Volkswagen se GTI-luikrug. Vir die tegniese wenk gee hulle raad oor wat jy moet doen wanneer jy deur water moet ry en die manne redeneer oor die onlangse MotoGP-ren met hewige ongelukke. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Kia se Carens bekendgestel
Wiele2Wiele: Kia se Carens bekendgestel May 22, 2026 27:31 Hierdie week vir Wiele2Wiele - die eerste Toyota Matsuri-fees is by die Kyalami-renbaan gehou, waar gaste nie net meer oor Toyota en sy ryke geskiedenis kon leer nie, maar ook self agter die stuur van Toyota se opwindendste nuwe modelle kon inklim. Kia het ook sy nuwe Carens bekendgestel. Dit was onlangs die Swartland-tydren in die Wes-Kaap en ons gesels met Mark Jones van The Citizen in sy Toyot

Recommended