
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport is 'n Afrikaanse sportpodcast deur Netwerk24 se Klankgolwe. Die sportredaksie van Rapport bespreek en ontleed die jongste sportnuus, wedstryde en kwessies in die Suid-Afrikaanse en internasionale sportwêreld. Luisteraars kry insigte en kommentaar van ervare sportjoernaliste.
Episodes

Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl
Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl.
Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander?
Ons verwys ook na die oud

Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets?
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus.
Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies.
* Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!
Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks.
Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie.
Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel,

Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken
Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels.
Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter.
Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel.

Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets
In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld.
Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).
Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span ski

Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’
Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting.
Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke.
Volgens hom is die En

Waar is Iere wat Nienaber gas gee?
Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport

Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’
Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin.
“Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het e

Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’
Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin.
Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur.
Ons wil baie

Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin?
Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin?
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport

Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’
Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd.
Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou.
Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die v

Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’
Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen.
Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie.
Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak.
Ons wil baie graag van jou hoo

Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’
Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende.
Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks.
Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond.
Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “

Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt
Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie.
Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi.
Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig.
In dié week se Rapp

Lappies oor suksevolle Ludeke: ‘Hy lei van voor en het kultuur in Japan geskep’
Die losvoorspeler Lappies Labuschagné, wat al Japan in toetsrugby aangevoer het, sluit hom vandeesweek by ‘Rapport Praat Sport’ aan om oor sy uittrede en lang loopbaan te gesels. Sport | Rapport

Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’
Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen.
Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogseisoen te gesels.
“Ons groep is nou al ’n hele paar ja

Francois van Coke: ‘Ek is nou verslaaf aan hardloop’
Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies.
Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute.
Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy hardloop-reis en sy liefde vir sport.
Van Coke was in sy o. 13-jaar die WP se Cravenweek-sk

Faul: ‘SA20 selfs gewilder as sekere Protea-wedstryde’
Die week sluit een van die land se beste sportadministrateurs, Jacques Faul, hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die sakekant van sport.
Faul, die Titans se uitvoerende hoof, sê daar is deesdae soveel opsies vir sportaanhangers dat sekere reekse en toernooie erg sukkel om aandag te trek.
Faul verklap ook dat SA20-wedstryde by SuperSport-park in Januarie beter bygewoon is as die Prote

Stellenberg skud 2 reuse: ‘Ons koop nie, ons ontwikkel’
Die Hoërskool Stellenberg word nie as ’n tradisionele rugbyskool gesien nie, maar het vanjaar reeds twee reuse neergevel: Paarl Gimnasium en Grey Kollege.
Dié skool se sporthoof, Andras Molnar, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor hul sukses te gesels.
Hy vertel onder meer dat die skool ’n voltydse sportsielkundige in diens het.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n

Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’
Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan.
Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het. Sport | Rapport

JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg?
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon.
Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York.
• Ons wil b

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?
Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke daaruit neem met die oog op die komende Nasiesbeker-toernooi? Rapport se rugbyskrywers Hendrik Cronjé en Alb

Griekwas-afrigter: Ons wil beste SA span buite VRK wees
Pieter Bergh, Griekwas se hoofafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan voor die SA Beker die naweek begin. Sport | Rapport

Proteas gaan nie ‘choke’ nie
Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie. Sport | Rapport

Sesnasies-sukses: Italië het geen prima donnas in span, sê Goosen
Marius Goosen, wat jare lank ’n hulpafrigter van Italië se nasionale rugbyspan was, sluit hom vandeesweek uit Japan by Rapport Praat Sport aan. Hy vertel waarom die Azzurri se Sesnasies-sukses nie vir hom so ’n groot verrassing is nie. Sport | Rapport

Protea-drama: Skare in stadion spring op en af oor foutbal
Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vandeesweek uit Indië by Rapport Praat Sport aan waar hy Suid-Afrika se senutergende T20-Wêreldbeker-sege oor Afganistan regstreeks beleef het. Sport | Rapport

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde
Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal. Sport | Rapport

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’
Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld.
Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak en waarom Handré Pollard nie nét ’n skopmasjien is nie.
De Bruin gesels ook oor alles wat hy by sy pa, Swys, geleer

Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’
In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê.
Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir ’n toekomstige All Black-rol.
Oberholzer gesels ook oor die Greatest Rivalry-reeks wat voor

2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê
In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie.
Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport

Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd
Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . .
Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie.
Daarna raak dinge egter rof . . .
Dié week in Rapport Praat Sport speel

Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’
Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld.
Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld.
Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat

Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’
Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel.
“Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit.
Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die blaserswêreld

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’
Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith.
Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê.
Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n pa

Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’
Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.
Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne.
“Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer.
Hy is

Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’
Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.
Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het.
Die Bokke pak Saterdag weer J

Willie honger vir nóg Bok-rugby...
Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf. Sport | Rapport

Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’
Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het. Sport | Rapport

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .
Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap.
Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het e

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’
Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu.
Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas.
“Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue
Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland.
“Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin.
As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gese

Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’
Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels.
“Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot.
Dit het egter alles verander toe Fabien Galthi

Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’
Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland.
“Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet.
Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaans

Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’
Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud
“Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe.
Hy gesels ook oor die Spring

‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’
Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy toekomsplanne.In dié week se episode gesels ons ook oor die Springbokke se se

Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby
Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark.
“Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody.
Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane, afbreekpunte en die Bokke se versuim om ná hul groot voorsprong, terug te keer na tradisione

Wat is mense se probleem met Manie?
’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev.
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies.
Du Plessis praat ook oor sy groot geveg.
Hy sê hy weet hy kan sterf in die ag

Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’
Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33.
Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels.
Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop

Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne
By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon.
Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié unie se innoverende planne.
“Ons wil die mense van die Boland trots maak,” sê Van Rooyen.
Die Kavaliers lyk nie net weg v

Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’
Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry.
Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Spor

Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais
DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie.
DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en vertel hoe hy en Erhardt dié beweging een aand by ’n voorseisoense kamp in Hermanus uitged

Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’
Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle.
“Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en on

Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’
Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê.
Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar.
Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër geni

Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red
In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed.
Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie.
White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers soos Ruan Nortjé en Marcell Coetzee het onlangs ’n afvaardiging van spelers gelei wat met d

Rassie oor plan vir 2025: ‘Wen genoeg om goeie WB-loting te kry’
Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken.
Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog om Boan Venter, sy nuwe loskopstut, op die grootste verhoog te toets.
Ons bekyk ook die Bulle se ned

Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’
Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is.
Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium begin mik vir ’n goeie tyd en aanhoudend somme in sy kop gedoen om te verseker sy pas is reg.
Dit was in d

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’
Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie.
Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by o

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer
Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was.
Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon te klop.
Hulle is boonop reeds verseker van die boonste plek op die

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel
As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel.
Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders.
Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen.
“Ek sal nou dié sport vir niks verruil nie,” sê Nel in vandeesweek se episode van Rapport Praat Sport.
Hy vertel wat dit verg om ’n sterkman te wees en s

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’
Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre.
Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel het, en hoe hy die teleurstelling verwerk het om nooit vir die Bokke te speel nie.
Hy vertel waar sy bynaa

Dawie Theron verklap: ‘Die berge wat ek moes versit om Pollard te kies’
Dawie Theron was al die afrigter van Griekwas en die Junior Bokke, en ’n hulpafrigter by die DoCoMo Red Hurricanes in Japan. Waar was hy die gelukkigste? Net waar hy nou is – by Paarl Gimnasium as dié skool se direkteur van rugby.
“Ek verdien seker die minste geld tot nog toe in my loopbaan, maar ek was nog nooit gelukkiger nie,” vertel Theron dié week op Rapport Praat Sport.
Die oud-Bok-stut sê o

Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter
Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe.
Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy rol as die Biltongboere se direkteur van rugby en ’n bietjie teru

Skolerugby: ‘Elke top-skool koop spelers’
Skolerugby is reusagtig groot in Suid-Afrika. ’n Paar weke gelede het ons op Rapport Praat Sport die vraag gevra: Is dit besig om te professioneel te word? Dié week sluit Hannes Nienaber, die grootste skolerugby-kenner in die land, hom by ons aan.
Ons praat oor skolerugby-strukture, reisreëlings, die keurproses en hoe beroepsgerig die spel nou werklik is op skolevlak. Hannes verduidelik ook hoe d

Josh Strauss: ‘Schalk se bier-filosofie is in die kol!’
Josh Strauss sluit hom vandeesweek op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Ikeys se sege in die Varsitybeker-reeks. Strauss, voormalige losvoorspeler van die Leeus, Glasgow, die Bulle en natuurlik Skotland, is die Ikeys se voorspelerafrigter.
Hy vertel van ’n spanpraatjie wat die Bok-flank Schalk Burger eenkeer gelewer het en hoe hy in die kol was met sy bier-filosofie.
Strauss praat ook

Neil Powell onthul waarom Haaie met B-span na Lyon opruk
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan. Hy verduidelik die denkrigting agter die besluit om nie hul sterkste span na Lyon te stuur vir hul Uitdaagbeker-uitklopwedstryd daar nie.
Hy verklap ook wanneer Eben Etzebeth en Aphelele Fassi na verwagting hul terugkeer ná beserings sal maak, en sê die span gaan voluit gaan vir silwerware in di

Is skolerugby te professioneel?
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons oor die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), skolerugby en krieket.
Ons wonder hardop waarom die Haaie steeds nie volgens hul volle potensiaal presteer nie, maar besing ook Siya Kolisi se lof. Hy is tans die beste voorbeeld van die soort uithalerspel wat ’n gereelde Springbok vir sy plaaslike span moet lewer.
Die skolerugby-seisoen begin momentum opte

FNB moes oorsese maatskappye uitstof om Bok-borg te word
Hendrik Cronjé vertel dié week in Rapport Praat Sport die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het belangstelling van oorsese maatskappye gekry om die Springbokke se nuwe hoofborg te word, maar die aanbod wat Eerste Nasionale Bank (FNB) op die tafel geplaas het, was eenvoudig te goed om te ignoreer.
Skielik, sê Hendrik, is Suid-Afrikaanse rugby in ’n baie gesonde posisie.
Die voormalige 400 m-hekkiesatleet L

Jimmy Stonehouse: ‘Jy kan nie meer met ’n dom ou rugby speel nie’
Vandeesweek se Rapport Praat Sport is ’n spesiale een: Die legendariese Jimmy Stonehouse, Puma-afrigter, sluit hom by ons aan. Hy praat padlangs oor die uitdagings wat die Pumas in die gesig staar, oor die huidige rugby-milieu en hoe dit in die laaste paar jaar verander het, maar ook oor dít wat hulle steeds in Mbombela regkry.
Jimmy sê hoe belangrik dissipline en respek vir hom is – soveel so da

Kwota-storm: Warriors gelooi met R500 000-boete
In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden en Fanie Heyns die jongste transformasie-herrie in Suid-Afrikaanse Krieket. Die Warriors is met ’n boete van R500 000 gelooi én is hul plek in die Eendagreeks se uitspeelwedstryde kwyt omdat hulle sonder toestemming nie aan KSA se transformasieteikens voldoen het vir ’n kragmeting met die Dolphins nie.
Ons bespreek dié situasie en kyk o

Onthul: Felix en sy gesin wil sak en pak na SA trek
Springbok-nuus is volop: Felix Jones keer terug, Handré Pollard word weer ’n Bul . . . en Rassie Erasmus het Woensdag op sy eerste mediakonferensie van die jaar onthul hy wil nóg drie Bok-wedstryde – twee toetse en ’n kragmeting met die Barbarians – tot die span se skedule vir 2025 voeg. Dit sal beteken Suid-Afrika speel vanjaar in 15 wedstryde. ’n Propvol rugby-spyskaart!
Hendrik Cronjé sê Poll

Kitsie gee raad vir ’n goeie lewe ná rugby
In vandeesweek se Rapport Praat Sport kyk ons terug op die spogloopbaan van Steven Kitshoff en hoor ook sy raad vir spelers wat die lewe ná rugby betref.
Hendrik Cronjé verklap ook hy werk aan ’n berig vir Sondag oor die Stormers se opvolgplan ná Kitshoff se uittrede.
Ons gesels ook oor die moeilike oorgang van rugbyspeler na die “gewone lewe” en bekyk Wêreldrugby se vreemde regulasies wat Benha

Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’
Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref.
Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die Wêreld-sewesreeks, en Snyman vertel hoe hy sy groep vir die toernooi gekies het.
S

Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook oor Matthew Breetzke se spogbeurt teen Nieu-Seeland, Dricus du Plessis se oorwinn

Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’
Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het.
Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks, Dricus du Plessis se reuse-geveg teen Sean Strickland

Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vansta

Die dag toe Dok aan Schuster sê: ‘Jy kom nie met daai str*nt na my toe nie!’
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Albert Heenop hom by Tinus van Staden en Jóhann Thormählen aan en deel staaltjies en inspirerende stories oor al die sportlui met wie hy al gesels het vir sy gewilde Wat het geword van-onderhoude. Hy vertel stories van Frik du Preez, Gary Player, Tommy Bedford, Rob du Preez, Kallie Knoetze, Shaun Tomson . . . en een van Leon Schuster en Dok Craven wat jy

Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen
Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”.
Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!
Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n bete

George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak
As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die gee

Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug
Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioe
Recommended

Our Long Walk

Oakhill Church Sermons

Herbert Smith Freehills Kramer Podcasts

Market Masters with Nqobile Tembane

Deejay 2mi Exclusive DeepSoul Mix

Marketing Masterclasses

Soror Mystica

CEO Nights with Nyimpini

TCS - The TechCentral Show

Meet the CIO

Huisgenoot Ware Lewensdramas

Citrus Research International (CRI) Podcast