Home Podcasts Middagvervolgverhaal
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

RSG 3003 Episodes Oct 13, 2026

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee. Dit is 'n daaglikse fiksieverhaal wat op RSG uitgesaai word, met boeiende karakters en intriges. Die program is in Afrikaans en fokus op vermaak en storievertelling.

Episodes

KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 19
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 19 Oct 13, 2026 885 Daar is ‘n groot bakleiery by die huisie wat Xander huur, en dit veroorsaak baie skinderstories. ‘n Onbekende meisie is hierby betrokke. Die inwoners is bekommerd dat Marnus die hele kloof sal opkoop.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 18
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 18 Oct 12, 2026 884 Neels gebruik Elzebet as sy eerste kliënt om sy verskillende soorte koffies te toets. voordat hy Neelsie amptelik open. Jorrie en Lienkie bespreek hulle planne vir die toekoms.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17 Oct 9, 2026 885 Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16 Oct 8, 2026 896 Die brand het geweldige gevolge. Verskeie mense word daarvan verdink dat hulle by die brand betrokke sou gewees het. Xander slaan munt uit die chaos en beskou die dele van die fabriek wat afgebrand het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15 Oct 7, 2026 879 Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar raak hier skielik sterker.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14 Oct 6, 2026 889 Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne oor hoe om sy roomysfabriek van die grond af te kry.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13 Oct 5, 2026 895 Marnus en Xander ontmoet in die roomysfabriek, en daarna besef Elzebet dat sy nogal van Marnus hou. Dis die eerste keer dat sy so oor ‘n man voel. Shaun en Xander het ‘n lelike onderonsie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 12
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 12 Oct 2, 2026 894 Xander verras Elzebet met ‘n besoek nadat hy teruggekeer het, en ontdek iets in haar huis wat hy graag wil koop. Elzebet is te verbaas om behoorlik te reageer. Neels maak ‘n voorstel aan Mawiet oor hoe sy by sy nuwe koffieplek betrokke kan raak, maar haar hart is in die restaurant.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 11
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 11 Oct 1, 2026 889 Ná die storm is Neels en Klara in ‘n geweldige argument betrokke. Elzebet maak ‘n groot bekentenis aan Mawiet. Mawiet weet nie herwaarts of derwaarts nie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 10
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 10 Sep 30, 2026 883 ‘n Geweldige storm bars oor die vallei los en verspoelings vind plaas. Klara is genoodsaak om die nag by Neels oor te bly. Ou liefde begin weer kop uitsteek. Dan kry Lienkie ‘n skokkende tyding.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 9
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 9 Sep 29, 2026 883 ‘n Swaar storm steek op en die inwoners is bang dit is ‘n herhaling van Januarie se vloede. Neels help Klara oom haar paadjie te verstewig teen die watermassa wat kom en haar ooranghutte kan beskadig.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8 Sep 28, 2026 874 Lienkie, ‘n voormalige kelnerin by die restaurant, Suikerbossie, daag by die vulstasie op waar Jorrie diens doen, en wys hom op ‘n paar foute. Jorrie spring in en besluit om restourasie vir Lienkie te doen.

Recommended