Home Podcasts 'n Ma & 'n Mikrofoon
'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon

Africa Podcast Network 107 Episodes Jul 8, 2026

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieël. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan, en meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie word ook openlik bespreek.

Episodes

Ontmoet die ma van 'n gesin met dwergisme/ Meet the mom of a family of little people Jul 8, 2026 00:20:22 Die Lowes van Middelburg trek dikwels aandag wanneer hulle as gesin op uitstappies gaan. Hoewel ma Rika van gemiddelde lengte is, is haar man, Stephen, en hul drie kinders almal kort. Dit was nie altyd maklik vir Abigail (15), Khloe (14) en Izak (12) om met dwergisme groot te word nie, maar hul ouers het hulle geleer om hulle nie aan opmerkings of boelies te steur nie. Daniëlla gesels met Rika oor
Jo Black: "Wat elke pa moet hoor"/ Jo Black: "Wat elke pa moet hoor" Jun 24, 2026 00:30:59 Daar is duisende mense in die skare by sy vertonings. Maar vir Jo Black is daar net drie wat régtig saak maak: sy vrou en twee dogters. In hierdie Vadersdagmaand-episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Daniëlla en Jo oor die hart van 'n pa. Jo deel hoe sy "rowwe lewe" gehelp het om die man en pa wat hy vandag is, te vorm, en vertel van die talle uitdagings wat hy en sy vrou, Debbie, al op hul ou
Joey Evans: Die pa wat die onmoontlike vermag het/ Joey Evans: The Dad Who Achieved the Impossible Jun 10, 2026 00:43:45 Joey Evans was pa van vier jong dogtertjies toe 'n ernstige ongeluk sy lewe onherroeplik verander het. Die prognose was verpletterend, maar Joey het geweier om sy storie daar te laat eindig — en wat daarna gebeur het, klink byna onmoontlik. In hierdie Vadersdagmaand gesels hy met Daniëlla oor terugslae, manlikheid, die liefde van 'n gesin en wat dit wérklik beteken om 'n pa te wees. Joey Evans wa
Die geheim van tieners grootmaak/ The secret to raising teenagers May 27, 2026 00:38:09 “Los jou tiener bietjie uit!” Omstrede woorde, maar dis presies wat Stefanie Minnar van “Ouer Tiener Harmonie” in hierdie episode vir ouers sê. Sy vertel vir Daniëlla hoekom tieners MOET leer om onafhanklik te wees, hul eie besluite te neem en selfs groot foute te maak, sodat hulle eendag die nes suksesvol kan verlaat. Stefanie deel praktiese raad oor dinge wat ouers sommer vandag nog moet ophou
Tienerma vertel: “Ek was 15… en swanger” / Teen Mom Shares: “I Was 15… and Pregnant” May 13, 2026 00:24:06 In 2019 het Junandi Meyer ’n brief aan die tydskrif Baba & Kleuter geskryf. Sy was net 15 jaar oud… en swanger. “Ek is dalk jonger as die ander ma’s,” het sy geskryf, “maar my opgewondenheid is net so groot soos hulle s’n. Ek verdien ook om ’n ma te wees, ten spyte van my fout.” Sewe jaar later het Daniëlla vir Junandi opgespoor om uit te vind wat ná daardie lewensveranderende oomblik gebeur het.
Wat 'n chiropraktisyn wil hê elke ma moet weet/ What a chiropractor wants every mom to know Apr 29, 2026 00:27:04 Swangerskap is veeleisend op 'n vrou se liggaam - geen wonder dat dit soms met allerlei skete en kwale gepaardgaan nie! In dié episode gesels Daniëlla met chiropraktisyn dr. Michelle Beech Cloete oor hoe 'n mamma reeds voor geboorte is kan omsien na haar spier- en skeletale stelsel - veral die ruggraat. Ons praat ook oor hoe klein babatjies met koliek en ander skete gehelp kan word, en wanneer dit
"My kind se lewe was nie verniet nie” – Ma ná vroedvrou se skuldigbevinding / “My child’s life was not in vain” – A mom speaks after midwife’s conviction Apr 15, 2026 00:49:54 Sy het haar vroedvrou vertrou… en haar baba verloor. Ná jare se wag is Yolande Maritz-Fouchee nou op 14 aanklagte skuldig bevind. Alysia Von Kloëg-Scholtz se seuntjie, Noah, is net nege dae oud oorlede ná sy by haar geboorte geskenk het. In hierdie gesprek deel sy met Daniëlla presies wat gebeur het - en hoekom sy glo haar kind se lewe het 'n doel gehad. She trusted her midwife… and lost her baby
Die hart van ’n plaasvrou en -ma/ The heart of a farm woman and mom Apr 1, 2026 00:35:49 Om ’n plaasvrou te wees, verg krag. Om boonop ’n ma én plaasvrou te wees, verg 'n SUPERKRAG! Gelukkig is Suid-Afrika vol van sulke vroue: ma’s wat elke dag saam met hul mans boer, kinders grootmaak en help om ’n plaas aan die gang te hou. In dié episode gesels Daniëlla met Deidré Viljoen van Plaas & Vrou oor die unieke uitdagings van boerdery en die moeilike besluite wat ma’s op plase soms moet n
Wat elke ouer van AI en Chatbots moet weet/ What every parent should know about AI and chatbots Mar 18, 2026 00:34:51 Kinders en tieners spandeer al hoe meer tyd met AI (Kunsmatige Intelligensie) apps wat met hulle terugpraat – van "huiswerk helpers" TOT chatbots wat soos “vriende” kan voel. Hierdie skuif van sosiale media na persoonlike interaksie met 'n AI bied geleenthede, maar ook nuwe risiko’s: kinders kan maklik persoonlike inligting deel, grense kan vervaag en AI kan selfs onvanpaste of skadelike advies g
Gemolesteer as kind - nou help ek ander ouers die tekens raaksien - Annemarie Gillmer Mar 4, 2026 00:40:56 Annemarie Gillmer was maar 11 jaar oud toe 'n man, wat sy en haar ouers geken en vertrou het, haar vir jare begin "groom" (seksueel voorberei) het. Hy was 30 jaar ouer as sy. Sy het hom oom genoem. Dit het dekades geneem om die trauma te verwerk, maar Annemarie (wat intussen self 'n ma geword het) deel nou haar storie om ander ouers te bemagtig en in te lig. Dié episode is 'n moet-luister vir elk
Ouerskap en prestasie: Die fyn lyn tussen motivering en druk / Parenting and Performance: The Fine Line Between Motivation and Pressure Feb 18, 2026 00:34:26 Alle ouers wil die beste vir hul kinders hê... maar soms plaas ons, sonder dat ons dit besef, druk op hulle wat meer skade as goed doen. Wanneer sport, kultuur en akademie oorweldigend begin voel, hoe help ons kinders om hul potensiaal te bereik sonder om hul vreugde en selfvertroue te verloor? In hierdie episode gesels Daniëlla met opvoedkundige sielkundige Hennie Vorster oor hoe ouers balans k
Donnalee Roberts: Een Keer Om die Son in 2026!/ Donnalee Roberts: Actress. Writer. Producer. Mom. Feb 4, 2026 00:46:17 Aktrise Donnalee Roberts is ook as skrywer en vervaardiger betrokke by die treffer-familiereeks Een Keer Om die Son, waarvan die tweede reeks tans op kykNET te sien is. Maar terwyl sy op die skerm ’n geskeide vrou vertolk wat nié kinders wil hê nie, lyk die realiteit by haar eie huis heel anders: Sy's getroud met Ivan Botha (ook in die vermaakbedryf), ma van twee besige voorskoolse seuntjies, én b

Recommended