Home Podcasts Spektrum
Spektrum

Spektrum

RSG 2446 Episodes Oct 13, 2026

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Episodes

Spektrum: Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in verkragtingsaak uitgestel
Spektrum: Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in verkragtingsaak uitgestel Oct 13, 2026 3053 13 Oktober 2026: Regstreeks vanaf die Suider-Afrika Telekommunikasie Netwerke en Toepassingskonferensie in die Darkensberg. Ons kyk na Die toekoms van digitale kommunikasie en die rol van kunsmatige intelligensie. Die voormalige adjunkpolisiehoof Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in sy verkragtingsaak tot môre uitgestel. Meer as 960 000 matrikulante begin landwyd met hulle eindeksamen.
Spektrum: ANC in Konstitusionele Hof om 181 raadslede op stembrief te kry
Spektrum: ANC in Konstitusionele Hof om 181 raadslede op stembrief te kry Oct 12, 2026 3000 12 Oktober 2026: Die ANC wend hom tot die Konstitusionele Hof in 'n poging om 181 raadslede op die stembrief te kry. Ons praat met 'n politieke kenner oor wie die MK-leisels sal vashou terwyl Jacob Zuma siek is. Die Aussies het die hef in die hand teen die Proteas in Durban.
Spektrum: Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei?
Spektrum: Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? Oct 9, 2026 3110 9 Oktober 2026: Die departement van binnelandse sake trek sy direktief oor die aanvaarding van asielaansoeke terug. Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is onder die vegrootglas. Wat is die ware braaibroodjie?
Spektrum: Ontvanger wil belasting op die taxibedryf hef.
Spektrum: Ontvanger wil belasting op die taxibedryf hef. Oct 8, 2026 3140 8 Oktober 2026: Die Inkomstediens wil belasting op die taxibedryf hef. Oud-weermaglede is onseker of hulle private mediese dekking van November af sal hê. Kan voorgeskrewe brande gemeenskappe teen veldbrande beskerm? Springbok kry sy eie boeremark.
Spektrum: Verkiesingsdebat - Stellenbosch
Spektrum: Verkiesingsdebat - Stellenbosch Oct 7, 2026 3136 Regstreekse uitsending van die RSG Nuus en Aktualiteits-verkiesingsdebat vir die Stellenbosch-munisipaliteit. Die ANC (Jerimia Thuynsma), DA (Jeremy Frasser), Good ( Marius van Stade), VF+ (JC Macfarlane) en die EFF (Carl Niehaus) sal Suzanne Paxton te woord staan oor verkiesingsbrandpunte.
Spektrum: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander?
Spektrum: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander? Oct 6, 2026 3206 6 Oktober 2026: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander? Ons stel dié vraag aan 'n regeerkundige. Ons fokus op die val van Steinhoff. Dr. Allan Boesak se nalatenskap word in 'n nuwe boek vervat. Wyntoerisme se bydrae tot die ekonomie is onder die vergrootglas.
Spektrum: Duisende in Tshwane steeds kragloos
Spektrum: Duisende in Tshwane steeds kragloos Oct 5, 2026 3249 5 Oktober 2026: Duisende inwoners in die Tshwane-metro is steeds sonder krag. Miljoene onderwysers wêreldwyd teen 2030 benodig. Het die verbod op selfone in die klaskamer 'n positiewe uitwerking op leerlinge se akademiese prestasie? Die Stellenbosch Wynroete vier sy 55ste bestaansjaar.
Spektrum: Voertuigverkope breek deur 60 000-kerf
Spektrum: Voertuigverkope breek deur 60 000-kerf Oct 2, 2026 3068 2 Oktober 2026: Nuwe navorsing wys dat werkloses wat die toelae van R370 ontvang, nie ontmoedig word om werk te soek nie. Voertuigverkope breek in September vir die eerste keer in jare deur die 60 000-kerf. Hoekom is 'n konferensie oor kunsaktivisme vandag relevant? Ons praat met 'n dramaturg en rolprentmaker.
Spektrum: Nuwe klag teen Shadrach Sibiya
Spektrum: Nuwe klag teen Shadrach Sibiya Oct 1, 2026 2956 1 Oktober 2026: 'n Nuwe klag van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet word by die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrach Sibiya, se klagstaat gevoeg. Al hoe meer stemme gaan op dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy amp herstel word. Cosatu sê R10-miljard moet uit die staatskas vir brandstofprysverligting bewillig word.
Spektrum: Verkiesingsdebat - Johannesburg
Spektrum: Verkiesingsdebat - Johannesburg Sep 30, 2026 3137 30 September 2026: Suzanne Paxton lei die debat tussen politieke partye wat aan die plaaslike regeringsverkiesing in Johannesburg deelneem.
Spektrum: Stropers teiken die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer
Spektrum: Stropers teiken die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer Sep 29, 2026 3076 29 September 2026: 'n Aanbod is aan perskeboere gemaak wat deur die sluiting van die Tulbagh-inmaakfabriek geraak word. Demensie-gevalle in Suid-Afrika sal na verwagting skerp toeneem teen 2050. Stropers teiken nou ook die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer.
Spektrum: Groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne
Spektrum: Groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne Sep 28, 2026 2958 28 September 2026: Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte teen die voormalige adjunkhoof van misdaadintelligensie, Feroz Khan, lê. Drie Artikel 9-instellings begin met 'n ondersoek na geslagsgeweld. Daar is 'n groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne in die openbare en private sektors.

Recommended