
JouRadio is 'n gemeenskapsradiostasie in Polokwane (Limpopo, Suid-Afrika), wat sedert 2016 uitsaai en ook wêreldwyd via die internet stroom. Die stasie bied 'n mengsel van Afrikaanse musiek, praatprogramme, onderhoude en gemeenskapsnuus, met die slagspreuk "Die Hartklop van Polokwane".