Home Podcasts Bybelstories in Afrikaans
Bybelstories in Afrikaans

Bybelstories in Afrikaans

Carin Conradie 318 Episodes Oct 9, 2026

Tannie Carin en Tobias, 'n groen puppet-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Hulle beoog om al die stories in die Bybel te vertel, so Bybelgetrou as moontlik op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!

Episodes

Boeke van die profete 43:  Die profeet Maleagi
Boeke van die profete 43: Die profeet Maleagi Oct 9, 2026 663 Ons kom nou by die laaste boek in die Ou Testament.  Maleagi moes 'n boodskap na die volk bring.  Dit is amper in dialoog vorm geskryf - met die volk wat God antwoord en Hy wat terugantwoord.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 42:  Sagaria vertel van die laaste dae
Boeke van die profete 42: Sagaria vertel van die laaste dae Oct 2, 2026 680 In hierdie episode gesels ons oor Sagaria 9 tot 14.  Hy profeteer oor die eindtye, hoewel daar dinge is wat in Jesus se tyd al waar geword het.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 41:  Sagaria se laaste vier nagprentjies
Boeke van die profete 41: Sagaria se laaste vier nagprentjies Sep 25, 2026 641 In Sagaria 4-8 lees ons die volgende vier gesigte wat die profeet Sagaria  by die Here gekry het, om vir die Jode te vertel.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 40:  Sagaria kry prentjies in die nag
Boeke van die profete 40: Sagaria kry prentjies in die nag Sep 18, 2026 650 In Sagaria 1 - 3 lees ons van die profeet wat vir Haggai opgevolg het.   God het met hom in nagtelike visoene gepraat.   Vandag vertel ons van die eerste vier visioene.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 39:  Haggai
Boeke van die profete 39: Haggai Sep 11, 2026 626 Die kort boekie Haggai, beskryf die boodskappe wat God vir Serubbabel en Jesua gestuur het nadat 50 000 Jode terug is na Jerusalem, maar nie gekom het by die herbou van die tempel nie.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 38:  Sefanja
Boeke van die profete 38: Sefanja Sep 4, 2026 622 Die profeet Sefanja het baie vertel van die dag van die Here, wanneer Hy die mense sal oordeel.   Daar is tog ook baie van God se liefde in die boek - en dat Hy mense wil red.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 37:  Die profeet Habakuk
Boeke van die profete 37: Die profeet Habakuk Aug 28, 2026 683 Habakuk was die profeet wat die wonderlike "lied" geskryf het: "Al sou die vyeboom nie bot nie"  - Al sou die Galdeërs alles kom kaalstroop, het hy besluit om steeds die Here te loof.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 36:  Die profeet Nahum
Boeke van die profete 36: Die profeet Nahum Aug 21, 2026 668 In die boek Nahum word beskryf hoe God die stad Nineve van die Assiriërs gaan wegvee, omdat hulle God se mense wreed mishandel het.God straf skuldiges, maar sien om na sy mense.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 35:  Die profeet Miga
Boeke van die profete 35: Die profeet Miga Aug 14, 2026 661 In die boek Miga lees ons hoe God vir Miga gebruik het om te profeteer dat Israel en Juda weggevoer gaan word, omdat hulle God vergeet het.   Juda het wel vir 'n tyd teruggedraai na God toe.  Miga het ook geprofeteer dat Jesus weer gaan kom.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 34:  Jona gaan na Nineve
Boeke van die profete 34: Jona gaan na Nineve Aug 7, 2026 737 In hoofstukke 3 en 4 lees ons hoe Jona toe tog in Nineve gaan preek het, maar hy was kwaad oor God se besluit daarna....Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 33:  Jona kry 'n opdrag by God
Boeke van die profete 33: Jona kry 'n opdrag by God Jul 31, 2026 633 Jona 1 en 2 vertel ons hoe God vir hom 'n opdrag gegee het om na Nineve toe te gaan, maar hy hardloop weg van God af en beland in 'n vis se maag.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
Boeke van die profete 32:  Die profeet Obadja
Boeke van die profete 32: Die profeet Obadja Jul 24, 2026 660 In Obadja lees ons van die profesie teen Edom, of Esau, die broervolk van Israel.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show

Recommended