Home Podcasts Storiebeer Stories
Storiebeer Stories

Storiebeer Stories

Storiebeer 194 Episodes Oct 11, 2026

Storiebeer Stories is 'n Afrikaanse podcast wat elke aand 'n nuwe, opwindende storie vir kinders vertel. Dit is ideaal vir ouers wat hul kinders voor slaaptyd wil kalmeer met warm en koesterende stories. Die episodes sluit tradisionele Afrikaanse stories en nuwe avonture in, wat vreugde, liefde en verbeelding in die huis bring. Luisteraars kan storievoorstelle stuur na stories@storiebeer.co.za.

Episodes

Maria, Jesus se Ma - 'n Dapper JA wat die wêreld verander het - Afrikaanse Bybelstories
Maria, Jesus se Ma - 'n Dapper JA wat die wêreld verander het - Afrikaanse Bybelstories Oct 11, 2026 00:05:27 Kom luister na ’n Dapper ja wat die wêreld verander het – ’n pragtige en hartverwarmende Afrikaanse Bybelstorie oor Maria, die moeder van Jesus. Maria was ’n doodgewone jong meisie uit Nasaret toe die engel Gabriël skielik met ’n ongelooflike boodskap voor haar verskyn. Al was sy bang en het sy nie al die antwoorde gehad nie, het sy die moedigste besluit geneem om "ja" vir God te sê. Van
Liewe Heksie en die bikini - Lekker Liewe Heksie Stories
Liewe Heksie en die bikini - Lekker Liewe Heksie Stories Oct 7, 2026 00:09:47 Liewe Heksie word Juffrou Seesand!Trek aan die swemklere, want vandag gaan kuier ons saam met Liewe Heksie en Blommie Kabouter by die see! Met hul prysgeld in die sak vat die twee maats die trein strand toe vir 'n welverdiende vakansie.Sake raak egter vinnig baie snaaks toe Heksie haar ouma Levinia se "bikini" aantrek om aan die plaaslike skoonheidskompetisie deel te neem. Net toe di
Rut - Die meisie wat alles gelos het vir liefde - Afrikaanse Bybelstories
Rut - Die meisie wat alles gelos het vir liefde - Afrikaanse Bybelstories Aug 16, 2026 00:05:16 Kom luister na "Die meisie wat alles gelos het vir liefde". ’n aangrypende Afrikaanse Bybelstorie oor Rut, ’n jong vrou wat uit liefde en lojaliteit besluit het om nie haar skoonma, Naomi, alleen te los nie. Al kon Rut na haar eie mense teruggaan, kies sy om saam met Naomi na ’n onbekende land te reis en ’n nuwe lewe te begin.Hierdie pragtige storie leer kleuters en hul ouers oor liefde,
Heksie en Blommie sing in die straat - Lekker Liewe Heksie Stories
Heksie en Blommie sing in die straat - Lekker Liewe Heksie Stories Aug 14, 2026 00:10:20 Heksie en Blommie sing in die straatIn vandag se episode leer ons dat selfs 'n "reënboog-heksie" groot planne kan beraam! Wanneer Koning Rosekrans vra vir hulp om 'n hospitaal vir Blommeland te bou, besluit Liewe Heksie en Blommie Kabouter om hul talent (of dalk net hul passie!) vir sing te gebruik.Vanaf kasterolie-flaters tot sypaadjie-konserte in die stad, hierdie storie is pro
Die Drie Spinvrouens - 'n Storie van die Broers Grimm
Die Drie Spinvrouens - 'n Storie van die Broers Grimm Aug 12, 2026 00:06:13 Die Drie Spinvrouens – ’n Humoristiese Afrikaanse luisterstorie deur StoriebeerHet julle al gehoor van die drie vreemde vrouens wat so vinnig kan spin dat die gare soos balle uit die lug val? In vandag se episode luister ons na Die Drie Spinvrouens, ’n klassieke maar minder bekende sprokie van die Broers Grimm.Dit is die ideale storie vir ouers en kleuters om saam te geniet. Dit is vol snaakse kar
Debora - Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou - Afrikaanse Bybelstories
Debora - Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou - Afrikaanse Bybelstories Aug 9, 2026 00:05:09 Kom luister na Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou – ’n spannende Afrikaanse Bybelstorie oor Debora, die wyse profetes en rigter van Israel. Terwyl ’n gevaarlike leër met nege honderd ysterstrydwaens die volk bang maak, staan Debora kalm en dapper op om God se plan te volg. Saam met Barak en die moedige Jael ontdek ons dat ’n mens nie die grootste of sterkste hoef te wees om ’n verskil te
Liewe Heksie kry 'n Verjaarsdag - Lekker Liewe Heksie Stories
Liewe Heksie kry 'n Verjaarsdag - Lekker Liewe Heksie Stories Aug 7, 2026 00:05:53 Liewe Heksie se Spesiale Verjaarsdag-verrassing Het hekse verjaarsdae? Liewe Heksie is nie so seker nie, maar met die hulp van Blommie Kabouter en Karel Kat, kry sy uiteindelik haar eie spesiale dag! Luister saam hoe Heksie voorberei vir haar groot partytjie, haar pragtige nuwe vlegstrikkies wys en leer dat geskenke nie die enigste rede is waarom vriende bymekaar kom nie.Hierdie episode is gebasee
Raponsie - 'n Storie van die Broers Grimm
Raponsie - 'n Storie van die Broers Grimm Aug 5, 2026 00:10:00 Raponsie | ’n Klassieke Afrikaanse sprokie vir kleuters en hul ouersKom luister saam na die betowerende verhaal van Raponsie, die meisie met die lang, goue hare wat hoog in ’n geheimsinnige toring woon. Wanneer ’n prins haar pragtige sang hoor, begin ’n avontuur vol magie, moed, hoop en liefde.Hierdie Afrikaanse sprokie is ideaal vir kleuters, jong kinders en ouers wat graag saam na rustige kinder
Ester - Kan een meisie ñ hele volk red?
Ester - Kan een meisie ñ hele volk red? Aug 2, 2026 00:05:29 Kom luister na Kan een meisie 'n hele volk red? – ’n kragtige en dapper Afrikaanse storie oor Koningin Ester. Ester was ’n gewone weeskind wat onverwagags koningin geword het, maar sy moes ’n groot geheim bewaar. Toe haar volk in gevaar was, moes sy kies: Bly sy veilig en stil, of staan sy op met moed?Hierdie hartroerende Bybelstorie leer kleuters en ouers dat ware dapperheid nie gaan oor veg
'n Muis Gemors - 'n Storiemuis Storie
'n Muis Gemors - 'n Storiemuis Storie Jul 31, 2026 00:03:45 'n Muisgemors | 'n Snaakse Afrikaanse Kinderstorie oor VerantwoordelikheidWanneer Pappa en Mamma Muis uitgaan om 'n appel vir 'n tert te gaan soek, en so kry Boetie en Sussie die belangrike taak om na die kleintjies te kyk. Maar in plaas daarvan om hulle op te pas, gaan speel hul buite en los vir Liefie alleen! Wat volg, is 'n katastrofiese muisgemors vol geknaagde boeke, gebre
Otto ruim op - Otto se Storieboek
Otto ruim op - Otto se Storieboek Jul 29, 2026 00:03:04 Otto ruim op | 'n Oulike Afrikaanse Slaaptydstorie oor OpruimNa 'n lang dag van heerlik speel saam met sy maatjie Japie die apie, is Otto se kamer vol met speelgoed! Maar wanneer dit tyd word om op te ruim en te gaan slaap, kom Otto agter dat sy geliefde Teddie spoorloos verdwyn het. Sluit aan by hierdie vermaaklike en rustige oudio-avontuur "Otto ruim op", waar kinders op 'n
Paulus en Silas in die Tronk - Afrikaanse Bybelstories
Paulus en Silas in die Tronk - Afrikaanse Bybelstories Jun 14, 2026 00:04:27 Kom luister na Paulus en Silas in die Tronk – ’n inspirerende Afrikaanse Bybelstorie vir kinders oor geloof, lofprysing en wonderwerke. Selfs in die donkerste tye, soos wanneer Paulus en Silas in die tronk was, het hulle gesing en God geprys. En toe gebeur daar iets ongeloofliks: ’n aardbewing maak die tronkdeure oop en bevry hulle!Hierdie storie help kleuters en ouers verstaan dat ons altyd op Go

Recommended