Home Podcasts HASSSEL PODCAST
HASSSEL PODCAST

HASSSEL PODCAST

Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout and JJ Osborne 1 episodes Nov 18, 2026

HASSSEL is ’n Afrikaanse podcast waarin Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout vir bekendes ’n splinternuwe loopbaan probeer vind. Langs die pad leer hulle die gaste beter ken, hoor meer oor hul verlede en deel interessante stories. Die gaste kry ’n nuwe beroep en ’n lekker vet faktuur vir dienste gelewer, of hulle nou daarvan hou of nie. Die reeks word vervaardig deur JJ Osborne, Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout.

Episodes

Francois van Coke | EP2 | Rock, Boks en Blokfluit
Francois van Coke | EP2 | Rock, Boks en Blokfluit Nov 18, 2026 58:03 Ons volgende kliënt is niemand anders nie as die rockster en bokser Francois van Coke! Hy is moeg daarvoor om ná al die jare op honderde duisende mense te skree.Van sy skoolrapport en blokfluit tot die dag toe hy vir Derick gemoer het, volgens hom een van die beste dae van sy lewe!Bennie en Schalk delf ’n bietjie dieper in Francois se verlede en probeer uitvind of hy dalk iets wegsteek wat hulle v
De Klerk Oelofse | EP1 | Partytrieks, Geld en Sy Derde Enetjie
De Klerk Oelofse | EP1 | Partytrieks, Geld en Sy Derde Enetjie Nov 11, 2026 52:04 Ons eerste gas is die akteur, vervaardiger en regisseur De Klerk Oelofse! Tyd vir ’n nuwe loopbaan en nóg ’n titel op De Klerk se CV.De Klerk kom kuier en deel hopeloos te veel, met ’n klomp belaglike stories wat die HASSSEL-span sommer baie inligting gee om mee te werk wanneer hulle vir hom ’n nuwe rigting probeer vind.Bennie en Schalk vra vir De Klerk om oop kaarte te speel met ongemaklike vrae

Recommended